AfriForum
Install Now
AfriForum
AfriForum

AfriForum

AfriForum39s App is your civil rights organization now an arm39s length away from you

Developer: Warp Development
App Size: 17M
Release Date: Dec 7, 2015
Price: Free
4.6
40 Ratings
Size
17M

Screenshots for App

Mobile
Met AfriForum se splinternuwe, gratis toep is jou gunstelingburgerregte-organisasie wat praat én doen bloot ’n armlengte van jou af – wanneer en waar jy ook al is en selfs al skei die oseane jou van jou vaderland.

En ja, jy het reg gelees: dié toep is heeltemal gratis (buiten natuurlik jou datakostes)!

Sodra jy jou inligting ingevul het kan jy gerus kom loer wat die toep jou alles bied. Registrasie is maklik en vinnig, en jy kies boonop jou eie wagwoord (makliker om te onthou, sien). En as jy eers ingeteken het, gaan die AfriForum-wêreld voor jou oop – gebruikersvriendelik en boonop interaktief.

Ons afdeling vir mediaverklarings hou jou op hoogte van wat ons alles doen: van selfdoen-aksies en munisipaliteite op hul tone hou, tot besprekinge met en memorandums aan universiteite om Afrikaans sovêr moontlik te beskerm. En dis maar net ’n druppel in die emmer van wat ons alles aanvang.

Ons nuusafdeling Forum Nuus hou jou op hoogte van nuus wat met jou, AfriForum en die Afrikanervolk verband hou, onder andere artikels wat in ons Forum-tydskrif verskyn (en hier dus vinniger beskikbaar is!). Ander afdelings nooi jou uit om stories van ander AfriForum-lede uit die perd se bek te lees, terwyl ons gebeureblad jou op hoogte hou van gebeure in en om die AfriForum-wêreld.

Toe nou, man: laai die toep af. Dis maklik, dis vinnig, en altyd beskikbaar. Niks meer as ’n armlengte vêr nie.

(To our English users: although the app is only available in Afrikaans – for now – you are still welcome to write your comments in English.)
Show More
Show Less
More Information about: AfriForum
Price: Free
Version: 2.0.1
Downloads: 5000
Compatibility: Android 4.4 and up
Bundle Id: com.warpdevelopment.AfriforumApp
Size: 17M
Last Update: Dec 7, 2015
Content Rating: Everyone 10+
Release Date: Dec 7, 2015
Content Rating: Everyone 10+
Developer: Warp Development


Whatsapp
Vkontakte
Telegram
Reddit
Pinterest
Linkedin
Hide